Afrikaans: Meer Inligting

Het dit met jou ook al gebeur?
Jy kry ‘n “eenmaal in ‘n leeftyd” kans om ‘n foto te neem.

Die oomblik is perfek. Die lig ongelooflik. Die onderwerp fassinerend.
Jy gryp jou kamera (dalk selfoon of tablet). Kliek. Kliek.

Jy neem die foto’s. Sommer ‘n hele paar. Ons lewe immers in die digitale era – dankie tog ‘n mens hoef nie vir elke foto te betaal nie!

En dan kom jy tuis.

Jy wys vir iemand die foto, en terwyl jy besig is kry jy daardie ou bekende gevoel:

Verdeksels.

Hoekom is jou foto soveel swakker as die oomblik.
(Dis nog erger as iemand anders op dieselfde tyd daar was, en jy sien dat hulle ongelooflike foto’s geneem het!)

En jou gedagtes: (afhangende van jou ervaring)
Ek wens ek het meer geweet van fotografie.
Ek wens ek kon die beginsels van fotografie wat ek reeds geleer het beter onthou en toepas.
Ek wens ek het meer tyd gehad om aan my fotografie te spandeer.

En hier is die goeie nuus…

Die “genie” wat jou wense kan help waarmaak.
FotoFUNatix.


FotoFUNatix is ‘n kaartspeletjie wat jou fotografiese beginsels leer terwyl jy sommer hope pret met vriende en familie het. Jy kan ook die beginselkaarte op jou eie foto’s toepas. Daar is eindelose maniere om FotoFUNatix te speel; en ons gaan net ‘n paar van hulle hier deel.

FotoFUNatix is ‘n kaartspeletjie wat jou meer leer oor fotografiese beginsels; sonder dat jy eers ‘n fotograaf hoef te wees!

In kort: Die speletjie bestaan uit 32 Beginselkaarte wat deur ‘n roterende Beoordelaar gelees word. Elke ander speler het 5 kaarte waarvan hulle 1 kies en probeer om die beoordelaar binne 30 sekondes te oortuig dat dit die  kaart is wat die beste aan die beoordelaar se vereistes voldoen.